Thursday 25 November 2010

Griekse eilande - 10/10

Oktober 2010 het ons vakansie gaan hou op Santorini en Pharos.

Santorini is beeldskoon, elke nou en dan vang jy jouself wonder of jy nie dalk jou in 'n brosjure bevind nie. Pharos is pragtig in eie reg, die wind het ons net daar ingewag.

Ons het van Athene af terug gevlieg en 'n dag daar spandeer. Nie een van die mooiste stede wat al ons besoek het nie.

Ons foto's:


























































































































































































































































































































Monday 14 April 2008

Ski - Chamonix, Frankryk

Ons was bevoorreg om weer te gaan ski die jaar. Hierdie jaar het ons saam met 19 vriende Chalet Robert in die Franse Alpe betrek en die hange van die Chamonix vallei stukkend geski.

Woorde is nie voldoende om te beskryf hoe mooi en hoe lekker 'n ski vakansie is nie, so hier volg die foto's:









































Gert sprong


















Die ski geselskap




















'n Paar ski gesiggies


















Die Landie ski postuur

























Mont Blanc



















Chamonix


























Rustig na 9-5 ski


























Swooooosh!

























'n Skelm enetjie


Friday 28 March 2008

Deventers tem die Teems

Die Devizes to Westminster (ook bekend as die DW) is 'n kanoe wedvaart oor 125 myl, sowat 200km, met 77 "portages" (plekke waar mens uit moet klim en jou boot om 'n versperring dra).
Wat hierdie wedvaart 'n uitdaging maak, is dat die afstand aaneen afgelê word, soos die Britte sal sê: "Non stop". Wat 2008 'n sege gemaak het, is dat dit die koudste paasnaweek in 40 jaar was, sneeu, hael, en ysreën was wat op roeiers gewag het.

Die wedvaart begin by Devizes in Wiltshire op een van die vele kanale wat destyds gebou is om steenkool na Londen te vervoer. Na 58myl sonder enige vloei op die kanaal en 54 keer se uit die boot klim sluit die kanaal aan by die Teems. Van daar af is die res van die wedvaart op die Teems en eindig dit onder die Westminster brug in aangesig van Big Ben.

'n Paar jaar na die Tweede Wêreldoorlog was daar 'n treinstaking. In een van die plaaslike "pubs" het 'n moedelose pendelaar (ek vermoed hy was effens aangeklam) besluit hy roei sommer Londen toe. So het die DW wedvaart ontstaan, 60 jaar later het ons besluit om dit aan te pak.

Toe ons die besluit geneem het, het ons moontlik nie mooi gedink nie. Ons het net sowat 6 weke gehad om voor te berei en omdat paasnaweek hierdie so vroeg was, was daar 'n goeie kans dat dit nog redelik koud kon wees.

Soos die wedvaart nader gekom het, het ons besef dat dit koud gaan wees, baie koud. Elke dag het ons die weer dopgehou en dan maar 'n ekstra lagie gekoop of bygeleen.

Saterdagaand tien uur het ons weggespring. Om 'n lang storie (22ure en 18 minute) kort te maak. Dit was bitterlik koud en bitterlik ver. Die water op ons "pogies" (handskerms) en "splashies" (seiltjie wat die kajuit toe maak) het gevries deur die nag. Mens roei jouself gelukkig warmer, maar met elkeen van die 76 "portages" raak jy van voor af koud en is dit baie swaar om weer aan die gang te kom. Die ryp wat vaal om ons gelê het, het begin verdwyn rondon 10uur Sondag oggend, maar kort voor lank het sneeu en ysreën op ons neergesak afgewissel met die koue Engelse son.
Na 7 ure het ek moeg geraak, toe was daar nog net 15 ure oor. Na 17 ure, met 5 ure oor, het ek besef daar is nog genoeg tyd oor tot die einde van die wedvaart om die Two Oceans ultra marathon te hardloop.

Ons het wonderlike ondersteuning gehad, Edgar Boehm Snr, 'n ou hand aan die spaan, John De Villiers en Pieter Theron het vir ons gesorg. Hulle was by elke kykpunt reg met 'n gekookte aartappel, 'n kasie, 'n Jungle Bar. As ons nie lus was vir eet nie het hulle ons maak eet, hulle het ons moed ingepraat en moes terughou om nie die boot te help dra nie. Ons is diep in die skuld by hierdie manne.

Agt uur Sondag aand, het ek gehuil toe ek Big Ben sien, en Gert amper. Chris, Almare, Elke, Stepne, Gerhard en ons ondersteunings span het ons ingewag, dit was so goed om hulle almal te sien.

Van die 127 bote wat die wedvaart begin het, het net 60 klaar gemaak. Ons het algeheel 14e gekom en ons klub (Richmond Canoe Club) het gewen. Ons het na die tyd gehoor die klub wou eers nie vir ons as deel van die span inskryf nie want hulle het gedink ons gaan nie klaar maak nie, maar Daan du Toit het voet by stuk gehou dat ons dit gaan maak en ons ingesluit. Die pommies skuld ons 'n verskoning.

Ons loop nou weer normaal en nie meer soos ou mense nie en my voete het amper weer al hulle gevoel terug. Hier is paar fotos.
Hier kan jy meer lees van die wedvaart deur 'n Times journalis se mond:
For our English friends, I was to lazy to translate the blog, but if you are interested in the race read this article by the Times:
Statistieke van die wedvaart uit die Times artikel.
  • 17hr 32min 30sec this year’s winning time in the DW senior doubles class
  • 33hr 00min 18sec this year’s slowest time in senior doubles class
  • 125 number of miles paddled
  • 90,000 average number of strokes paddled
  • 127 number of teams to set off
  • 60 number of teams to finish
  • 77 number of portages (stages where rowers must carry their kayak overland)
  • 1 longest portage in miles
  • 51hr 36min slowest time in the past five years
  • 22hr18min Gert & Marna van Deventer's time

Reg om weg te spring in Devizes - Sat 22:00




















'n Portage iewers die nag




















Pieter rus hard




















Dagbreek Son 06:00





































Reading (Kanaal sluit aan by die Teems) - Son 09:00



















Windsor - Son 15:00



















Hampton Court - Son 17:00



















Westminster Son 20:18